In Zuid-Afrika zijn ze gek geworden.........

  • Oswald

    http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Forel-wet-rampspoedig-20140405

    Forel-wet ‘rampspoedig'

    2014-04-05 23:00

    Artikelopsies

    Druk artikel e-pos artikel Deel

    Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Rapport op

    Jou selfoon Elaine Swanepoel

    Die Suid-Afrikaanse toerisme­bedryf sal miljoene rande verloor, hele dorpe sal ekonomies ten gronde gaan en derduisende mense sal sonder werk sit as die departement van omgewingsake met sy plan voortgaan om van forelle in Suid-Afrika ontslae te raak.

    Ingevolge konsepwetgewing wat in Februarie deur die departement ter tafel gelê is, word forel as indringerspesie geklassifiseer en moet dié visse volgens wet uitgeroei word.

    Dit sal beteken forelboere en hul werknemers sal sonder inkomste sit, dorpe kan ekonomies ondergaan en die land kan een van sy grootste toerismebedrywe kwyt wees.

    Die departement van omgewingsake het in Februarie in ’n brief aan Trout SA en die vereniging van Suid-Afrikaanse hengelaars (Fosaf) geskryf forel word as ’n indringerspesie beskou omdat hul verspreiding na dele buite hul oorspronklike habitat gelei het tot ’n afname in plaaslike visse en ’n verskeidenheid amfibieë. Dit lei weer tot ’n wanbalans in die bepaalde ekosisteem.

    Fosaf meen die departement het ’n wanpersepsie van die definisie van indringerspesies.

    “Volgens die nasionale omgewingsbestuur en bio-diversiteitswet word indringerspesies beskou as enige spesie waarvan die verspreiding buite die natuurlike habitat skadelik is vir ander ekosisteme of spesies, of wanneer die verspreiding nadelig is vir die ekonomie, omgewing of menslike gesondheid,” sê Ilan Lax, nasio­nale voorsitter van Fosaf.

    “Die wet fokus op die effek wat spesies op die mens se gesondheid en welstand het. Forel is nie skadelik vir die mens nie en kan dus nie as indringerspesie beskou word nie.”

    Hulle meen ook die departement het die belanghebbende partye nie behoorlik geraadpleeg voordat die wet voorgelê en die lys opgestel is nie.

    “Trout SA en Fosaf stuur al die afgelope agt jaar voorleggings met ander oplossings aan die departement, maar hulle ­ignoreer dit.”

    Gerrie van der Merwe, ’n forelboer van Dullstroom, Mpumalanga, sê die departement se besluit raak nie net forelboere nie, maar derduisende mense in die toerisme- en handelbedryf sal sonder werk sit. Dorpe soos Dullstroom en Clarens in die Vrystaat is ekonomies afhanklik van die forelbedryf.

    Eric Johnson, ontwikkelaar van die toeristebestemming Verlorenkloof in Mpumalanga, sê forel is ’n gevestigde toerismebedryf wat derduisende werkgeleenthede skep.

    “Die beleggings in die forelbedryf beloop jaarliks miljarde rande.”

    Van der Merwe het bygevoeg hulle sal voortgaan om die departement te probeer oortuig en sou dit nie werk nie, sal hulle hof toe gaan.

    Die departement het sedert Donderdag nie op navrae gereageer nie.

  • Rene V.

    Alles sal reg kom.

    Rene V.

  • Menno Siemensma

    Uiteraard, het zal ook weer eens niet zo wezen…